Gemarineerde olywe
- Barbara Joubert
- Sep 17, 2015
- 1 min read

Lekker en gesond
5 ml koljandersade 5 ml vinkelsade 10 ml gekapte roosmaryn 20 ml gekapte pietersielie 4 knoffelhuisies, fyngedruk 30 ml sjerrie-asyn 60 ml olyfolie 100 g swart olywe 100 g groen olywe
Stamp die koljander en vinkel met ’n stamper en vysel fyn. Meng saam met die roosmaryn, pietersielie, knoffel, asyn en olyfolie. Sny ’n kepie in die olywe en gooi die marinade oor. Laat vir minstens 2 dae marineer voor jy dit voorsit.
Comments