top of page

Gemarineerde soetrissies

  • Barbara Joubert
  • Sep 17, 2015
  • 1 min read

Die kombinasie van die soetrissies en knoffel maak dié gereg baie gewild.

6 rooi soetrissies 6 huisies knoffel, fyngedruk 90 ml gekapte pietersielie 30 ml sjerrie-asyn 60 ml olyfolie sout

Voorverhit die roosterelement van jou oond. Sit die soetrissies heel op ’n bakplaat en rooster tot dit swart om al die kante is. Draai elke nou en dan om. Die skil van die soetrissies sal swart word en bars. Verwyder uit oond, sit in ’n bak en bedek met kleefplastiek. Die soetrissies sal begin sweet, wat dit makliker maak om die skil af te kry. Maak ’n klein gaatjie onder-in elke soetrissie en druk die vloeistof uit. Behou dit. Sny die soetrissies oop en verwyder die pitte. Sny die soetrissies in lang repe. Klits die knoffel, pietersielie, asyn en olie saam met die soetrissie-sap wat jy uitgedruk het. Geur met sout en gooi oor die soetrissies. Marineer oornag in die yskas.

 
 
 

Comments


RSS Feed

NOU BESKIKBAAR!

Kruie van Toeka tot Nou - DIE BOEK deur Dr. Chris Pitzer is NOU beskikbaar!

Prys: R399 / boek

Koerierkoste in SA: R80

 

Rainbow Gospel Radio

Rainbow Gospel Radio is the Mission Radio for the World.

We currently have listeners in 180 countries around the globe.

Rainbow Gospel Radio broadcasts via the internet and has no demographic restrictions.

Click on the link to tune into Rainbow Gospel Radio.

Why braai alone when you can have fun with family and friends?

Sponsor an Hour

Rainbow Gospel Radio invites you to sponsor an hour and invest in missionary work worldwide. Your contribution will help to spread the Word of God around the globe.

Yummy

Yummy is Rainbow Gospel Radio's recipe group on Facebook.We have more than 15 000 delicious recipes on our blog and if you need a recipe, you can just post in Yummy and admin will gladly provide the link. If we don't have the recipe you are searching for, we will find it for you!

 

The Rainbow Story

A vision from God became a reality....

 

Click on the link to read the Rainbow Story, which includes Nico Liebenberg's testimony and illustrates the amazing grace of our Heavenly Father.

Please reload

New on the Blog

bottom of page