Seekos-paella
- Barbara Joubert
- Sep 17, 2015
- 1 min read

Die lekker ding van Paella is dat alles saam gaargemaak word. Sit sommer jou paella-pan in die middel van die tafel en almal help hulself.
6 porsies
30 ml olyfolie 1 rooi-ui, grofgekap 3 knoffelhuisies, fyngekap 1 rooi soetrissie, in repe gesny 2 chorizo-worse, in skywe gesny 500 ml langkorrelrys 500 ml witwyn 1 ml borrie 1 ml paprika 2 lourierblare 1 blik (410 g) gekapte tamaties 1,5 liter hoender-aftreksel 400 g steurgarnale (prawns) 200 g halfskulp-mossels 5 tiemietakkies se afgestroopte blare sout en varsgemaalde swartpeper na smaak hand vol pietersielie, grofgekap
Verhit olyfolie in ‘n paella-pan. Braai ui, knoffel en soetrissie saam vir sowat 2 minute. Voeg chorizo by en braai vir sowat 5 minute. Voeg rys by en braai vir sowat 5 minute. Gooi witwyn by en braai totdat wyn byna weggekook het. Voeg borrie, paprika, lourierblare en tamaties by. Voeg aftreksel met ‘n groot soplepel by, lepel vir lepel. Roer nou en dan. Voeg steurgarnale, mossels en tiemie by so 10 minute voordat rys gaar is. Geur met sout en swartpeper. Wanneer steurgarnale pienk is, is hulle gaar. Sprinkel pietersielie oor.
Om te drink: ‘n Jong witwyn – chenin blanc sal goed werk.
Comments