Spaanse Tapas Happies
- SA Outdoors
- Sep 17, 2015
- 1 min read

Smeer dun hamskaafsels met heuning en draai met die heuningkant na onder om die punt van ‘n broodstokkie.
Vul peppadews met bv neute, kruie en kaas en sit net so voor.
Sny ingelegde kappertjiesade versigtig oop en haal die pitte met die agterkant van ‘n teelepel uit en vul met ‘n delikate en smeerbare kaas van jou keuse.
Sny chorizo worsies in skywe en bedien op ‘n skyfie komkommer of ‘n beskuitjie met mosterd en kruie of roomkaas en kruie of waarvoor jy ookal lus voel.
Comments