top of page

TAPAS - Ham Krokette

  • SA Outdoors
  • Sep 17, 2015
  • 1 min read

Bestanddele: 1 Eetlepel Olyfolie 100 Gram Broodkrummels 2 Eetlepels Koekmeel Neutmuskaat 250 ml Melk 150 Gram Ham in klein stukkies gesny 1 Eier Sout en Peper na smaak Kookolie om in te bak

Metode: Plaas olie in 'n pan en verhit, maar voordat dit so warm word dat die rook daaruit trek). Verwyder pan van plaat en voeg die meel daarin. Roer met 'n houtlepel totdat dit 'n pasta vorm. Plaas die pan terug op warm plaat (matig) en voeg die melk bietjie vir bietjie by en roer aanhoudend totdat die mengsel goed deurgekook is. Voeg die neutmuskaat en die sout en peper by. Voeg die ham by en roer deur. Kook en meng totdat die mengsel styf is en moenie ophou roer nie. Wanneer die mengsel styf genoeg is, skep dit uit in 'n bak en laat dit afkoel. Klits die eier eenkant in 'n bak waarvan die ruimte genoeg is sodat jy jou krokette daarin kan doop. Wanneer jou kroketmengsel afgekoel is, neem jy klein hoeveelhede daarvan in jou hand en maak bolletjies en vorm dit ovaal. Doop nou elke kroket eers in die eiermengsel en dan in die broodkrummels. Die eier sal die broodkrummels laat klou. Plaas dit apart van mekaar op 'n groot bord. Verhit nou jou olie om dit in te bak (diepolie, matige hitte) en bak die krokette tot goudbruin. Wanneer jy dit uit die olie haal, plaas op dreineringspapier of rakkie om van oortollige olie ontslae te raak. En bedien!

 
 
 

Comments


RSS Feed

NOU BESKIKBAAR!

Kruie van Toeka tot Nou - DIE BOEK deur Dr. Chris Pitzer is NOU beskikbaar!

Prys: R399 / boek

Koerierkoste in SA: R80

 

Rainbow Gospel Radio

Rainbow Gospel Radio is the Mission Radio for the World.

We currently have listeners in 180 countries around the globe.

Rainbow Gospel Radio broadcasts via the internet and has no demographic restrictions.

Click on the link to tune into Rainbow Gospel Radio.

Why braai alone when you can have fun with family and friends?

Sponsor an Hour

Rainbow Gospel Radio invites you to sponsor an hour and invest in missionary work worldwide. Your contribution will help to spread the Word of God around the globe.

Yummy

Yummy is Rainbow Gospel Radio's recipe group on Facebook.We have more than 15 000 delicious recipes on our blog and if you need a recipe, you can just post in Yummy and admin will gladly provide the link. If we don't have the recipe you are searching for, we will find it for you!

 

The Rainbow Story

A vision from God became a reality....

 

Click on the link to read the Rainbow Story, which includes Nico Liebenberg's testimony and illustrates the amazing grace of our Heavenly Father.

Please reload

New on the Blog

bottom of page