Varkvleis-kebabs
- Barbara Joubert
- Sep 17, 2015
- 1 min read

Mans hou gewoonlik baie hiervan – dit gaan oor die vleis.
600 g varkfilet 100 ml olyfolie 45 ml droë sjerrie 5 ml paprika 2 ml sterk paprika 2 ml fyn komyn sout en vars gemaalde swartpeper
Sny die filet in blokkies. Maak ’n marinade met die olyfolie, sjerrie en speserye en marineer die vleisblokkies vir 2 uur. Ryg die vleisblokkies op sosatiestokkies. Braai vir omtrent 10 minute onder die roosterelement van die oond. Draai die kebabs ’n paar keer om.
Comments