Chroniese Moegheid Sindroom (CMS)
- Dr. Chris Pitzer
- Sep 30, 2015
- 2 min read

Chroniese Moegheid Sindroom (CMS) is ’n aftakelende siekte wat onverklaarbare moegheid en ’n tekort aan energie, wat nie toegeskryf kan word aan bekende geneeskundige toestande nie, oor ’n tydperk langer as ses maande veroorsaak. Miljoene mense wêreldwyd veral tussen die ouderdomme 20 en 40 ly daaraan en dit kom in twee keer soveel vrouens as mans voor. Lewensgebeurtenisse soos swangerskap en die menopouse, asook sosiaal voorgeskrewe rolle, besorg vroue dalk ’n unieke vatbaarheid.
Die primêre tekens en simptome van chroniese moegheid sindroom:
Bo en behalwe chroniese moegheid, wat nie deur bekende geneeskundige toestande veroorsaak word nie, is daar agt moontlike primêre tekens en simptome van CMS, Dit sluit in: • Geheueverlies en/of swak konsentrasie • Chroniese seer keel • Pynlike en effens vergrote limfkliere in die nek en/of armholtes • Spiere wat onverklaarbaar pyn • Pyn wat van die een gewrig na die ander wissel, sonder swelsel of rooiheid • Kopsere van ’n nuwe aard, patroon en ergheid • Versteurde slaap • Oordrewe uitputting na gewone oefening en inspanning Mense wat aan chroniese moegheid sindroom ly, meld ook verskeie ander tekens en simptome wat nie deel uitmaak van die amptelike definisie van die toestand, soos bepaal deur die Internasionale Studiegroep vir Chroniese Moegheidsindroom nie.
Dit sluit in: • Buikpyn • Oordrewe vatbaarheid vir alkohol • Winderigheid • Borspyn • Chroniese hoes • Diarree • Lighoofdigheid • Droogheid van die mond en oë • Oorpyn • Onreëlmatige hartklop • Pyn in die kakebeen • Spierstyfheid in die oggende • Naarheid • Nagsweet • Psigologiese probleme, soos depressie, prikkelbaarheid, angstigheid en angsaanvalle • Kortasemheid • Prikkelrigge sensasies • Gewigsverlies
Faktore wat tot chroniese moegheid sindroom bydrae: • Metaboliese energie tekort of NAD energie tekort (NET). • Omgewingsstressors, chemiese en elektromagnetiese besoedeling van die atmosfeer en radioaktiewe bestraling • Langdurige psigologiese en emosionele stres • Chroniese septiese foci, soos ’n subkliniese tandheelkundige patologie Behandeling van chroniese moegheid sindroom: Baie jare se ondervinding het bewys dat ’n langdurige multi-dissiplinêre benadering die suksesvolste bahandeling is.
Die behandeling fokus derhalwe op: • Lewenstyl • Fisieke terapie • Dieet en voeding • Homeopatie • Homotoksikologie • Plantaardige geneesmiddels (Fitoterapie)
KRUIE KOMBINASIES EN PAKETTE KAN BY MY BESTEL WORD
Homotoksikologie: Die homotoksikologiese protokols vir CMS is deeglik bekend en is as uiters heilsaam bewys. Weer eens is dit die individuele simptoombeeld wat die behandeling bepaal.
Kontak ons by althealth@mweb.co.za
Opmerkingen