Rhona Peens se Ongelooflike Sjokoladekoek - BREW & BRUNCH / YUMMY Promosie
- Rhona Peens
- Oct 5, 2015
- 1 min read

4 eiers geskei 250 ml strooisuiker 125 ml kookolie 125 ml kookwater 250 ml koekmeel 30 ml kakao 15 ml bakpoeier 2,5 ml sout
Klop eiergele en suiker baie goed saam. Gooi die kookolie en kookwater by eiergeelmengsel. Meng die droë bestanddele met ‘n draadklitser en voeg by. Klits die eierwitte styf en vou dit by die mengsel in. NB. Smeer of spuit en voer die panne uit met waspapier en smeer of spuit die waspapier. Bak vir 25 minute by 180 grade C. Bak in twee panne van 17,5 tot 20 cm in deursnee.
Versiersuiker (probeer gerus my gunsteling versiersel onder) Meng 30 ml margarien, 30 ml koffie-ekstrak en 10 ml vanielje-ekstrak goed saam. Voeg 4 koppies versiersuiker en 30 ml kakao by. Roer goed. As dit te styf is meng met bietjie kookmelk. Dit maak die versiersuiker baie lekker. Versier met vars of geblikte aarbeie.
My gunsteling sjokolade versiersel wat ek altyd gebruik
125g botter of margarien 250 ml bruinsuiker 70 ml melk 875 ml (3 ½ koppies) versiersuiker 30 ml kakao 5 ml koffiepoeier (los op in melk wat gekook het en laat afkoel)
Smelt botter en bruinsuiker saam tot suiker gesmelt is en kook vir 1 minuut roer aanhoudend. Laat effens afkoel en voeg helfte van melk by. Meng kakao en versiersuiker en voeg bietjies bietjies by en dan res van melk lepelsgewys by tot ‘n smeerbare dikte. Smeer 1/3 tussen die lae en die res bo-oor en langs die kante. Strooi ‘n Flake bo-oor.
Comentarios