Gevulde Spek - pakkies
- Lekker Braai
- Oct 8, 2015
- 1 min read

Genoeg vir 4-6 mense Bereiding: 30 minute Gaarmaaktyd: 30 minute
10-20 klein uitjies (na gelang van die aantal mense) 10-20 heel knoffelhuisies, skoongemaak 10-20 versoete kersies 100 g botter 30 ml (2 e) vars kruie, gekap 250 ml (1 k) gerasperde cheddarkaas 10-20 repies spek
Sny die uitjies se puntjies af en haal die binneste dele uit. Plaas ’n heel vars knoffelhuisie en kersie binne-in elkeen. Meng die botter, kruie en kaas. Skep dit binne-in die uitjies. Draai die spekrepe om die uitjies en steek vas met ’n peuselstokkie. Rol toe in tinfoelie en plaas tussen die braaikole. Braai tot gaar. Sit warm voor.
Comentários