JELLIE-KOEK MET 5 GEURE
- Rhona Peens
- Oct 8, 2015
- 1 min read
JELLIEKOEK MET 5 GEURE JELLIE
5 verskillende geure Jellie
24 g Gelatien
300 ml Kondensmelk
300 ml dik Room
5 ml Vanielje geursel
Maak elke pakkie jellie aan met 200 ml (1 koppie) kookwater. Laat jellie stol en sny in vierkantige blokke. Pak dit in ‘n silikoon ring.
Sprinkel die gelatien oor die koppie (200ml) kouewater en laat staan vir 1 minuut.
Meng kondensmelk, room en geursel in ‘n menger.
Gooi 200 ml (1 koppie) baie warm water by gelatien en roer totdat dit opgelos het en voeg by mengsel in menger.
Gooi mengsel versigtig oor die blokkies jellie in die silikoonring en laat in yskas om te stol.

Comments