Annelie Jansen se Klam pynappel-en-klapperkoek - BREW & BRUNCH PROMOSIE
- Annelie Jansen
- Oct 13, 2015
- 1 min read

BESTANDDELE:
175 g koekmeelblom
10 ml bakpoeier
150 g strooisuiker
95 ml sonneblomolie
75 ml klappermelk
2 groot eiers
1 suurlemoen se gerasperde skil
1 blik pynappelstukke,gedreineer
SOUS:
30 ml donker rum(of pynappelsap)
30 ml gouestroop
125 ml klappermelk
METODE: Sif die meel en bakpoeier in n mengbak.Roer die strooisuiker in.
Meng die olie en klappermelk in n ander bak. Skei die eiers en voeg die gele en die suurlemoenskil by die klappermelkmengsel.Vou dit saam met die pynappelstukke by die droe bestanddele in.Klits die eierwitte tot styf en vou dit by die koekbeslag in.Skep die beslag in die bakpan en bak 40 minute in n voorverhitte oond,of totdat n toetspen skoon uit die middel van die koek kom. Berei die sous deur die rum,gouestroop en klappermelk tot louwarm te verhit. Giet oor die koek sodra dit uit die oond kom.Sit warm voor of laat dit 20 minute lank afkoel in die pan.Plaas in die yskas en sit dit voor as nagereg saam met room of roomys, of net so by n middagtee.
Commentaires