Annelie Jansen se Mikro maklik ekonomiese sjokoladekoek - BREW & BRUNCH PROMOSIE
- Annelie Jansen
- Oct 13, 2015
- 1 min read

Gebruik enige twee liter roomyshouer hiervoor.
Dis n lekker klam koek en jy kan dit na hartelus versier
BESTANDDELE:
375 ml koekmeel
22,5 bakpoeier(4 teelepels)
n knippie sout
375 ml suiker
185 ml kookolie
2 xtra groot eiers
15 ml vanielje geursel
50 ml kakao
375 ml kookwater
Versiersel(opsioneel)
1 blik (380 g) karamel(carnation treat).
METODE
Sif die eerste drie bestanddele saam en voeg die suiker by.
Klits die olie en eiers,voeg die geursel by en meng by die olie beslag saam met droe bestanddele.
Los kakao in kookwater op en roer by mengsel.
Spuit n 2 liter roomyshouer met kleefwerende kossproei en skep mengsel daarin.
Bak in mikrogolfoond teen 100 persent krag vir sowat 12 minute haal uit en laat in bak vir sowat twee minute afkoel keer uit en wanneer koek koud is versier - heerlik!!
Comments