top of page

Gebottelde Genot

  • Lekker Resepte vir Jagters & Boere
  • Oct 24, 2015
  • 4 min read

Noedelslaai

500g Noedels 1/2kg uie gekap 1 kg tamaties 2 soetrissies ( rooi, geel en groen) 100ml mayonnaise 375ml olie 250ml wit asyn 500ml suiker 20ml sout

METODE: Kook tamaties, u ie, soetrissie, asyn, suiker en olie saam tot sag. Kook noedels sag, maar ferm ongeveer 20 min, met sout en bietjie olie by Voeg eerste mengsel by noedels, kook goed deur, voeg mayonnaise by. Bottel warm in voorbereide bottels.

Ingelegde spagetti

3½ kg tamaties 500 g uie 4 e appelkooskonfyt 1½ k suiker 1 k asyn 1 t fyn naeltjies 1 t peper 1 t neut 1 e sout 250 g egte botter 1 boks spaghetti

METODE: Kook tamaties tot gaar. Haal skille af. Versap. Kook ui in water tot sag. Versap saam met tamatie Kook spagetti sag – nie pap nie. Water af. Voeg alles bymekaar. Laat kook 10 min. Bottel warm

Ingelegde spagetti met tamaties

25 groot Tamaties 5 groot Uie ringe gesny ½ t Rooi pepper 1 k Appelkooskonfyt ½ t fyn Naeltjies 1 t Neut 2 e Sout 1 k Suiker 180 ml Asyn 1 Pak Spaghetti

METODE: Gooi tamaties in kookwater en trek die skille af, sny bietjie kleiner Kook nou alles saam behalwe die asyn en spaghetti. Kook tot uie sag is, maak alles fyn in n voedselverwerker. Kook jou Spaghetti en dreineer goed. Voeg die asyn en spaghetti by die Tamatiemengsel en kook nog so 10min. Bottel en verseel warm

Kerrieboontjies

2 kg gesnipperde groen boontjies

1 kg uie – gekap

1,25 liter asyn

10 ml borrie

15 ml sout

500 ml suiker

45 ml kerriepoeier

15-20 ml mielieblom

Opsioneel, ek gooi altyd ‘n blik perskes wat gesnipper is by en ‘n handvol rosyne –

Die rosyne kook ek saam met die uie en groen bone en die perskes gooi en by as ek alles bymekaar gooi en deurkook. Dit gee mooi kleur aan die boontjies.

Kook die boontjies en uie sag, maar nie pap nie. Meng die

asyn, borrie, sout, suiker en kerrie saam. Plaas dit in ‘n groot kastrol en

bring tot kookpunt. Voeg die boontjies en uie hierby en kook deeglik deur. Maak

die mielieblom met bietjie water aan en voeg by. Roer terwyl dit verdik. Skep

in warm, gesteriliseerde flesse.

Mosterd bone

2kg gekerfte bone 1kg gekerfte uie 1/2 kop droe mostert 2 kop suiker 2 eetl sout 1 kop koekmeel 2 teel borrie 3 kop asyn 1 1/2 kop water

METODE: Kook uie en boontjies tot sag en gooi water af. Kook res van bestandele saam tot dik. Gooi by boontjies, kook goed deur en bottel.

Beetslaai

1.5 kg gerasperde beet (gaar – gerasper of blokkies of ringe)

2 eetl maizina

500ml asyn

2 kop water

1 ½ kop suiker

Sout en peper

Meng alles en bring tot kookpunt – bottel warm.

As opgedien word, sny uie oor en frimmel feta kaas bo-oor

Kerrie beetslaai

125 ml water

125 ml bruinasyn

200 ml suiker

750 ml gaar beet – in repe of blokkies gesny

1 groot ui – gekerf

5 – 10 ml kerriepoeier

2½ ml sout

30 ml mielieblom of soveel as wat jy benodig om die regte substansie aan die beet te gee

Metode

Voeg die asyn en die suiker by die water en roer nou en dan tot dit kook en die suiker opgelos is.

Voeg ui by en kook vir ongeveer 5 minute.

Voeg beet by en kook vir ongeveer 10 minute.

Meng kerrie, sout en mielieblom met ʼn bietjie koue water – voeg by en kook tot dit verdik.

Bottel dit in gesteriliseerde bottels.

Beet atjar

Meng en bring 2 kop bruin asyn, en 3 kop suiker tot kookpunt. Voeg dan by: 6 kop gaar beet in blokkies gesny en 2 uie redelik fyn gekap.

Meng die volgende en voeg by kokende mengsel: 3 tl kerrie, 1 tl tiemie,1 tl sout, en kook alles vir nog sowat 10 minute, voeg dan 45 ml maizena by en kook deur tot verlangde dikte. Bottel warm.

Beet bladjang

750 ml suiker

500 ml bruin asyn

6 kopppes gaar beet, geskil en in blokkies gesny

2 groot uie, fyn gekap

15 ml kerriepoeier

5 ml sout

45 ml mielieblom, aangemaak met bietjie water

Meng suiker en asyn in ‘n kastrol. Verhit oor lae hitte. Roer tot die suiker opgelos is en begin kook. Verhit tot kookpunt, voeg beet en uie by en kook nog 5 minute. Meng kerrie, sout en mielieblom met ‘n bietjie water om ‘n lopende pasta te vorm. Voeg by die beet en kook 5 minute deur. Skep warm in gesteriliseerde bottels en verseël.

Beet bladjang

2 groot bossies beet 8-10 uie 6 eetl Kerrie 1.5 kg suiker 1.5 l wit asyn Sout en peper na smaak 3 eetl olie 4 eetl Maizena

Kook beet tot gaar, rasper. Braai uie in olie tot ligbruin.Voeg by beet. Voeg res van bestandele by, bring tot kookpunt. Meng die Maizena met bietjie water en voeg egter laaste by, roer tot verdik. Bottel.

Kerrie kool

1 kg kool gekerf

2 uie, in ringe gesny

375 ml hoenderaftreksel

2 knoffelhuisies, fyngedruk

250 ml asyn

¼ koppie suiker

5 ml sout

5-10 ml kerriepoeier

knippie rooipeper

2 teelepels heel swart peperkorrels

15 ml mielieblom gemeng met bietjie water

Plaas die kool, uie, hoenderaftreksel en knoffel in ‘n middelmatige

swaarboomkastrol en laat ongeveer 10 minute sonder die deksel

vinnig kook tot net gaar.

Meng die asyn, suiker, sout, kerrie, swart peperkorrels en rooipeper.

Voeg by die kool en laat net opkook.

Verdik met bietjies-bietjies mielieblom tot die mengsel mooi bind.

Laat afkoel en bottel.

Juanita Van Pletzen

Ingelegde aartappelslaai

4 kg Aartappels, 2 (750ml) Mayonaise, 1 Blik Kondensmelk, 3 Groot uie gekap.

Skil en sny aartappels in blokkies,kook in water met sout in.Belangrik-moenie aart te sag kook nie,maar NET gaar.Staan maar die rukkie en toets jou aart.blokkies.Gooi water af. Gooi mayonaise,kondensmelk en uie in ander kastrol en verhit,moenie kook.Gooi aartappels by die warm Mayo mengsel,roer deur en bottel warm.Die bottels kan tot 2 maande op ‘n koel plek gehou word.

 
 
 

Comments


RSS Feed

NOU BESKIKBAAR!

Kruie van Toeka tot Nou - DIE BOEK deur Dr. Chris Pitzer is NOU beskikbaar!

Prys: R399 / boek

Koerierkoste in SA: R80

 

Rainbow Gospel Radio

Rainbow Gospel Radio is the Mission Radio for the World.

We currently have listeners in 180 countries around the globe.

Rainbow Gospel Radio broadcasts via the internet and has no demographic restrictions.

Click on the link to tune into Rainbow Gospel Radio.

Why braai alone when you can have fun with family and friends?

Sponsor an Hour

Rainbow Gospel Radio invites you to sponsor an hour and invest in missionary work worldwide. Your contribution will help to spread the Word of God around the globe.

Yummy

Yummy is Rainbow Gospel Radio's recipe group on Facebook.We have more than 15 000 delicious recipes on our blog and if you need a recipe, you can just post in Yummy and admin will gladly provide the link. If we don't have the recipe you are searching for, we will find it for you!

 

The Rainbow Story

A vision from God became a reality....

 

Click on the link to read the Rainbow Story, which includes Nico Liebenberg's testimony and illustrates the amazing grace of our Heavenly Father.

Please reload

New on the Blog

bottom of page