Krakerige Oondgebraaide Knoffel Sampioene - Banting
- The Rainbow Team
- Oct 25, 2015
- 1 min read

Bestanddele:
250g sampioene
1/3 koppie amandelmeel
1/3 koppie rou, gemaalde sonneblomsade
1 teelepel knoffelpoeier
1/2 teelepel seesout
1/2 teelepel paprika
1/4 teelepel pietersielie
1 eetlepel parmesan kaas
1 eier, geklits
1/2 eetlepel gesmelte botter
1 eetlepel avokado olie
1 groot zip lock sakkie
Metode:
Voorverhit die oond na 180 grade Celcius
Verf 'n bakplaat met avokado olie
Spoel die sampioen af en maak droog. Plaas eenkant
Verpulp die sonneblomsaad tot poeier in 'n voedselverwerker.
Voeg die sonneblomsaadpoeier, amandelmeel, knoffelpoeier, seesout, paprika, pietersielie en parmesan in die zip lock sakkie. Maak die sakkie toe en skud om te meng.
Klits die eier en gesmelte botter saam in 'n bakkie
Doop die sampioene in die eier en bottermengsel en plaas in die sakkie met die meelmengsel.
Herhaal met al die sampioene.
Skud die sakkie om die sampioene mooi toe te maak.
Pak die sampioene op die gesmeerde bakplaat.
Pak vir 14 minute en draai die sampioene in die helfte van die baktyd om.
Rooster die sampioene mooi goudbruin
Bedien warm
Comentários