Corne Liebenberg se Lensie-en-spinasiebredie: Dr. Chris Promosie
- Corne Liebenberg
- Oct 26, 2015
- 1 min read

220 g (’n opgehoopte koppie) bruin basmatirys
4 t (20 ml) olyfolie
1 rooi-ui, gekap
2 knoffelhuisies, fyngedruk
4 t (20 ml) kerriepasta (opsioneel)
400 g (12⁄3 k) geblikte gekapte tamaties
80 ml (1/3 k) laesoutgroenteaftreksel
4 e (60 ml) gekapte tiemieblare
320 g rooi lensies, afgespoel en gedreineer
320 g bevore spinasie, ontvries
1 Spoel die rys onder lopende koue water af en plaas dit dan in ’n kastrol en bedek met koue water. Bring tot kookpunt en verlaag dan die hitte tot matig. Laat prut 15-20 minute tot sag of volgens die aanwysings op die verpakking.
2 Verhit die olie in ’n diep, kleefvrye braaipan of wok oor matige hitte. Voeg die ui by en kook 5 minute tot sag. Voeg die knoffel by en kook nog 1 minuut. Roer die kerriepasta in, as jy dit gebruik, en kook nog 1 minuut liggies.
3 Roer die tamaties, aftreksel, tiemie en lensies in. Bring tot kookpunt oor hoë hitte, verlaag dan die hitte tot matig en laat prut 10 minute.
4 Roer die spinasie in en maak deurwarm oor lae hitte. Sit die bredie saam met die rys voor.
Comments