Rhona Peens se Biefstuk-Roerbraai: Dr. Chris Promosie
- Rhona Peens
- Oct 27, 2015
- 1 min read

100g heel mieliepitte,
145 g biefstuk in repies gesny,
150 g groen peper,
150 g rooi peper,
100 g groen aspersies, reeds gestoom
20 ml olyf olie,
40 ml balsamiese asyn,
sout en peper
Sprinkel die balsamiese asyn oor die biefstukrepies en marineer vir 'n paar uur.
Verhit die olyfolie in 'n pan en braai die biefstuk repies vinnig bruin.
Voeg die groen en rooi peper by en braai tot sag.
Voeg die aspersies by en braai liggies deur.
Voeg die mielies by en braai liggies deur.
Bedien met bruin rys of koring.
Comments