Rhona Peens se Spinasietert: Dr. Chris Promosie
- Rhona Peens
- Oct 27, 2015
- 1 min read

BESTANDDELE 1 bos spinasie, gewas en in repies gesny 300ml cheddarkaas, gerasper (dis so 1 ½ koppie) ½ koppie melk 4 eiers, geklits 1 rou aartappel, gerasper met skil en al 1 eetlepel bruismeel 250 g sampioene gesnipper 1 ½ teelepel sout, peper, knippie rooipeper en Paprika na smaak
METODE Klits die eiers, melk, bruismeel en geurmiddels saam.Meng al die bestanddele saam behalwe die Paprika. Smeer 'n oondbak met olie of botter en voeg alles daarin. Strooi Paprika bo-oor indien verkies. Bak vir 30 minute teen 190 grade C tot mooi ligbruin.
Comments