Rhona Peens se Tuisgemaakte hamburgers: Dr. Chris Promosie
- Rhona Peens
- Oct 28, 2015
- 1 min read

500 g maalvleis (bees, lam of volstruis) 1 ui, fyn gekap 1 eier, geklits 1 handvol broodkrummels 5 ml aangemaakte Engelse mosterd 15 g vars koljanderblare of pietersielie Sout na smaak
Meng ál die bestanddele saam. Vorm in bolletjies en druk plat (maak dit so groot of so dik soos jy verkies). Braai oor die kole of in ‘n pan tot gaar. Sit voor op ‘n rolletjie met blaarslaai, kaas en tamatie. Genoeg vir vier.
Wenk: As jy ‘n voedselverwerker het, maak dit daarin. Sit twee snye brood daarin en verwerk tot krummels. Voeg volgende die kruie en ui by, dan die maalvleis, mosterd en eier.
Comentários