KLASSIEKE KONINGINGKOEKIES
- Huisgenoot
- Nov 1, 2015
- 1 min read

Hierdie koekies is geskik vir ’n koningin. Verdubbel die resep om jou koekblikke te vul vir eetgoed saam met tee.
LEWER 12 Bereiding: 5 min. Gaarmaak: 20 min.
125 g botter 180 ml (⅔ k) strooisuiker 2 eiers 1 suurlemoen, skil gerasper 100 g korente 310 ml (1¼ k) meel, gesif 5 ml (1 t) bakpoeier, gesif 45 ml (3 e) melk Versiersuiker, vir bestuif
METODE Voorverhit die oond tot 180 °C en smeer ’n 12-holte-muffinpan.
Klits die botter en suiker tot lig en donsig. Klits die eiers een vir een in en klits goed ná elke byvoeging. Roer die suurlemoenskil in. Roer die korente in en vou die meel en bakpoeier saam met die melk by die mengsel in. Skep die koekmengsel in die pan en bak 20 min. of tot goudkleurig. Laat 5 min. in die pan afkoel en plaas op ’n draadrak. Bestuif die koekies met versiersuiker en sit voor.
コメント