OUTYDSE NAELTJIEKOEKIES
- The Rainbow Team
- Nov 1, 2015
- 1 min read

Jacques Erasmus is 'n bekende koskunstenaar, ontwerper en eienaar van Hemelhuijs, een van die mooiste restaurante in Kaapstad.
• 125 g botter • 250 g sagte skaapvet (tallow, kry dit by spesialiteitswinkels soos Wild Peacock - of vra jou slagter) • 500 g suiker • 2 eiers • 12,5 ml (2½ t) fyn naeltjies • 5 ml (1 t) koeksoda • 12,5 ml (2½ t) bakpoeier • knypie sout • 600 g koekmeel
METODE Verhit die oond tot 180 °C. 1 Voer ’n bakplaat met bakpapier uit. 2 Room die botter, skaapvet en suiker tot lig en donsig. Voeg die eiers een vir een by en meng goed. 3 Sif die droë bestanddele saam en voeg by die bottermengsel. Meng deeglik en laat die deeg vir 30 min. in die yskas rus. 4 Bestuif ’n werkvlak met meel en rol die deeg 2,5 mm dik daarop uit. Druk sirkels van 7,5 cm uit. 5 Sit op die bakplaat en bak vir 10-12 min. tot bros en met ’n ligte goudbruin kleur.
Comments