top of page

OUTYDSE SOETKOEKIES MET MALVALEKKERFONDANT

  • Rooi Rose
  • Nov 1, 2015
  • 2 min read

Lewer sowat 90 koekies

Maak jou eie fondant, want dis baie lekkerder as die gekooptes. Die smaak van hierdie koekies laat my aan outydse “Zoo-koekies” dink. Ons het ons vlinderkoekies met gedrukte versiersuiker getooi.

• 900 g (6 k) koekmeel 5 ml (1 t) kremetart (cream of tartar) • 5 ml (1 t) koeksoda • 5 ml (1 t) sout • 510 g (2½ k) suiker • 500 g sagte botter, in blokkies gesny • 30 ml (2 e) brandewyn • 4 eiers, geklits

Suikergom (waarmee die gedrukte versiersel geplak word) • 1 eierwit, liggies geklits • 210 g (1½ k) versiersuiker

METODE Voorverhit die oond tot 200 °C en spuit 3 groot bakplate met kleefwerende kossproei. 1 Sif die koekmeel, kremetart, koeksoda, sout en suiker saam. 2 Vryf die botterblokkies in die meelmengsel in. Gooi die brandewyn en eiers by en verdeel die stywe deeg in 4 dele. Draai in kleefplastiek toe en laat vir 20 min. in die yskas rus. 3 Rol die deeg een hoeveelheid op ’n slag op ’n skoon, meelbestrooide werkvlak uit. Rol 5 mm dik uit. Druk soos ons ’n poskaart, of ’n vorm van jou keuse uit, en sit op die bakplate. 4 Bak vir 10-15 min. of tot ligbruin. 5 Knip die gedrukte versiersuikerprentjies uit. Meng die eierwit en versiersuiker en verf elke prentjie met ’n bietjie van die suikergom. 6 Druk op koekies vas en laat uitdroog.

Malvalekker fondant

Genoeg vir al die koekies hierbo en nog ekstra vir later. Hou vir sowat 2 weke in ’n lugdigte houer.

• 235 g wit malvalekkers • 10 ml (2 t) water • 375 g versiersuiker, gesif

METODE 1 Sit die malvalekkers en water in ’n groot hittebestande bak en smelt in die mikrogolfoond vir 2½ min. Roer elke 30 sekondes. 2 Gooi die versiersuiker by en meng goed deur. Spuit ’n skoon werkvlak en jou hande met kleefwerende kossproei. Keer die mengsel op die werkvlak uit en knie tot glad. (Indien die fondant te sag is, voeg nog versuiker by, of water indien te droog.) Draai toe in kleefplastiek en sit oornag in die yskas. 3 Meng die eierwit en versier-suiker om die suikergom te maak. 4 Rol die fondant op ’n skoon werkvlak wat met versiersuiker of mielieblom bestuif is tot 5 mm dik uit. 5 Druk dieselfde vorm as die koekie uit en verf weerskante met suikergom. 6 Plak die malvafondant tussen 2 koekies vas. 7 Laat uitdroog en verpak lugdig.

 
 
 

Comments


RSS Feed

NOU BESKIKBAAR!

Kruie van Toeka tot Nou - DIE BOEK deur Dr. Chris Pitzer is NOU beskikbaar!

Prys: R399 / boek

Koerierkoste in SA: R80

 

Rainbow Gospel Radio

Rainbow Gospel Radio is the Mission Radio for the World.

We currently have listeners in 180 countries around the globe.

Rainbow Gospel Radio broadcasts via the internet and has no demographic restrictions.

Click on the link to tune into Rainbow Gospel Radio.

Why braai alone when you can have fun with family and friends?

Sponsor an Hour

Rainbow Gospel Radio invites you to sponsor an hour and invest in missionary work worldwide. Your contribution will help to spread the Word of God around the globe.

Yummy

Yummy is Rainbow Gospel Radio's recipe group on Facebook.We have more than 15 000 delicious recipes on our blog and if you need a recipe, you can just post in Yummy and admin will gladly provide the link. If we don't have the recipe you are searching for, we will find it for you!

 

The Rainbow Story

A vision from God became a reality....

 

Click on the link to read the Rainbow Story, which includes Nico Liebenberg's testimony and illustrates the amazing grace of our Heavenly Father.

Please reload

New on the Blog

bottom of page