Lindi Erasmus se APPEL-EN-LEMOEN TERT (Gluten en suiwel vry): Dr. Chris Promosie
- Lindi Erasmus
- Nov 3, 2015
- 1 min read

Karamelsous:
2 koppies organise bruinsuiker *1 tl fyn gemmer *¼ tl fyn naeltjies *2 tl fyn kaneel Fyn skil van twee groot lemoene Sap van twee groot lemoene 3 eetl suurlemoensap 1 Koppie gemengde koekvrugte of rosyne 1 tl no-dairy margarien
*Ek hou van sterk spicy smaak saam appels, pas spices aan soos jy dit verkies.
Sit alles behalwe die margarien in ‘n swaarboom pot en bring oor matige hitte tot net net begin borrel. Draai op lae hitte en laat stadig kook tot ‘n loperige karamel. (suiker heeltemal opgelos en rosyne lekker vet opgepof) Haal van hitte af en roer die margarien vinnig in. Terwyl dit nog warm en loperig is, gooi dit in ‘n medium grote oondbak
Pak 1-2 blikkies tertappels op die karamelsous. Maak ‘n pak Pre-Mix Gluten free vanilla cake (ek het ipv water in die mengsel lactose free melk gebruik) en gooi koekmengsel oor die karamel en appel lae. Bak vir 35-45 minute, of tot koek gaar is en van die kante af trek, in ‘n voorverhitte oond van 180C. Laat staan vir so 5 minute en keer dan onderstebo, lig net die bak effens op dat die karamel losgaan, maar moet nie afhaal dat die sous uitloop nie. Laat sak weer die bak en laat staan vir 10 minute dat die sous lekker in die koek intrek. Sit voor saam met gluten free/lactose free vla of geniet dit sommer net so.
Comments