top of page

Lindi Erasmus se EIERVRUG, ROOIPEPER EN UIE “WONDER QUICHE” (GLUTEN FREE) - Dr. Chris Promosie

  • Lindi Erasmus
  • Nov 3, 2015
  • 2 min read

Hoekom ‘n “Wonder Quiche”? Al die bestandele word op een slag gebak, en as jy dit uithaal wonder jy hoe dit gebeur het. ‘n Kors met ‘n vulsel, amper soos ‘n paptert! Goeie alternatief in die plek van ‘n paptert saam met braaivleis of lekker geroosterde skaap tjoppies.

Bestandele:

1 Eiervrug, geskil en in blokkies gesny 1 Middelslag ui, grof gekap 1 Rooipeper, grof gekap (of groen of geel soos jy verkies) 2 tot 3 Grasuie, opgekap Knoffel Pietersielie Paprika 2 eetl olyfolie ½ koppie Gluten Free Bruismeel ¾ koppie Melk of Plaasvervanger (ek het Parmalat lactose free gebruik) 2 eiers 1 koppie Bokmelk Cheddar, grof gerasper Sout en Peper 3 tamaties, dun ringe gesny

Metode

1. Braai op medium tot lae hitte die eiervrug, uie, rooipeper, knoffel en grasuie tot amper sag. 2. Gooi pietersielie en paprika by en laat nog saam uitbraai tot die eiervrug sag maar nie pap is nie. 3. As mengsel reg is, gooi in ‘n klein metaal oondpannetjie of metaal flan pan. Maak seker die bodem en kante van die pan is goed gesmeer met olie of botter. 4. Meng in ‘n mengbak die bruismeel, melk, eiers, sout, peper en helfte vd bokmelk kaas. Moenie die eiers oorwerk nie, anders gaan die kors nie lekker verbruin nie. 5. Giet die eier-deeg oor die groentemengsel in die pan en versprei egalig. 6. Pak die ringetjies tamaties eweredig bo-op en gooi die ander helfte vd bokkaas bo-oor 7. Vir garnering strooi bietjie paprika en pietersielie oor . 8. Bak by 210C (thermofan oond 200C) vir 20 – 30 minute tot goudbruin en die middel goed geset is. 9. As jy dit wil uitkeer, laat staan quiche vir tenminste 5 minute eers so in die pan en keer dan baie versigtig uit.

Nota: *Onthou dat GF meel baie smaakloos is en 100% bokkaas cheddar gewoonlik nie ‘n sout ondertoon soos gewone Cheddar het nie, maak dus seker die deeg-mengsel het genoeg seasoning in. *Ek het n reghoekige bak gebruik en sal volgende keer bietjie meer van die groentemengsel maak, dink hy gaan perfek werk vir ‘n ronde pan.

Het die idee en eierdeeg deel van ‘n resep uit Alison Holst’s Meals Without Meat gekry en die res self aanmekaar geslaan.

 
 
 

Comments


RSS Feed

NOU BESKIKBAAR!

Kruie van Toeka tot Nou - DIE BOEK deur Dr. Chris Pitzer is NOU beskikbaar!

Prys: R399 / boek

Koerierkoste in SA: R80

 

Rainbow Gospel Radio

Rainbow Gospel Radio is the Mission Radio for the World.

We currently have listeners in 180 countries around the globe.

Rainbow Gospel Radio broadcasts via the internet and has no demographic restrictions.

Click on the link to tune into Rainbow Gospel Radio.

Why braai alone when you can have fun with family and friends?

Sponsor an Hour

Rainbow Gospel Radio invites you to sponsor an hour and invest in missionary work worldwide. Your contribution will help to spread the Word of God around the globe.

Yummy

Yummy is Rainbow Gospel Radio's recipe group on Facebook.We have more than 15 000 delicious recipes on our blog and if you need a recipe, you can just post in Yummy and admin will gladly provide the link. If we don't have the recipe you are searching for, we will find it for you!

 

The Rainbow Story

A vision from God became a reality....

 

Click on the link to read the Rainbow Story, which includes Nico Liebenberg's testimony and illustrates the amazing grace of our Heavenly Father.

Please reload

New on the Blog

bottom of page