BOEREWORS EN CHICKPEA QUICHE
- Adam Cloete
- Nov 17, 2015
- 2 min read

BESTANDDELE VIR DIE VULSEL:
300g boerewors 1 groot eetlepel botter 1 medium grootte fyngekapte ui 1 fyngemaakte knoffeltoontjie 1 340g blikkie chickpeas, gedreineer 2 groot eiers liggies geklits 250 ml jogurt (of room) ¾ koppie gekrummelde Fetakaas 125g gladde maaskaas Sout en peper na smaak ‘n handvol Cheddarkaas om bo-oor te strooi
BESTANDDELE VIR DIE KORS:
250g gewone koekmeel 100g botter in klein stukkies gesny 1 eier geel liggies geklits in 30ml koue water
Metode:
VIR DIE KORS: Plaas die meel in ‘n mengbak, voeg die botter by en vryf dit in die meel in met jou vingerpunte tot dit soos broodkrummels lyk. Meng die geklitste eiergeel / water mengsel in met ‘n rondepunt mes tot dit ‘n sagte deeg vorm. Haal dit uit op ‘n oppervlakte wat liggies met meel bestrooi is en knie dit vinnig en lig tot ‘n gladde bal. Probeer om die deeg so min moontlik met jou hande te hanteer. Draai dit toe in kleefplastiek en laat vir ten minste 30 minute in die yskas afkoel.
VIR DIE VULSEL: Smelt die botter oor medium hitte en braai die ui tot sag. Voeg die knoffel en chickpeas by en roer-braai vir 2 minute. Geur met sout en peper, verwyder van die pan en en hou eenkant. Sny die wors in stukkies en braai dit in dieselfde pan tot gaar. Meng dit met die chickpea mengsel, maar hou ‘n paar groter stukkies eenkant Klits die eiers en room saam, en roer die Feta en Maaskaas by. Geur met sout en peper. Giet die eiermengsel nou by die wors en chickpea mengsel en roer goed deurmekaar. Rol die deeg liggies uit en voer ‘n 30cm quiche bak of pan daar mee uit. (Blind bak is nie nodig nie). Skep die mengsel in die uitgevoerde bak en rangskik die orige stukkies wors bo-op. Bestrooi liggies met gerasperde kaas en bak vir 35 minute by 180ºC of tot opgepof en gestol en goudbruin.
Bron: Adrian Olivier – aangepas uit ‘n resep in die Ostrich Meat Recipe Book. Foto: Adam Cloete.
Comments