top of page

LEKKER SMEERSOUS VIR ANGEL FISH IN DIE OOND

  • Adam Cloete
  • Nov 17, 2015
  • 1 min read

Angel Fish is een ou vissie wat baie afgeskeep word, seker omdat mense dink dit is minderwaardig omdat dit so goedkoop is. Maar reg voorberei is dit vir my een van die lekkerste vissoorte wat daar is. Adrian Olivier het gisteraand weer gewys wat gedoen kan word.

Die hoeveelhede hang af van hoeveel vis jy het. Jy het nie baie nodig nie, net vir so ‘n ligte smeersel oor die vis.

Angel fish heel, skoongemaak en ontvel (of filette) 2 knoffeltoontjies fyngekap Ongeveer 2 teelepels oreganum 1 eetlepel appelkooskonfyt 1 eetlepel botter Sap van een kleinerige suurlemoen Sout en peper na smaak

Meng die appelkooskonfyt en botter en mikrogolf dit vir ‘n paar sekondes dat dit net sag word om goed te kan smeer. Meng die oreganum en knoffel daarby in. Plaas die vis in ‘n oondbak en smeer dit liggies met die mengsel. Giet die suurlemoen sap oor en geur met sout en peper. Maak die bak heeltemal toe met foelie en bak in ‘n voorverhitte oond vir 10 tot 15 minute by 180ºC, afhangende hoe dik jou vis of die filette is. Onthou dit moet nie droog bak nie, want jy wil vis eet, nie karton nie en Angel Fish word veral baie vinnig gaar. Laat tyd toe dat jy die foelie kan afhaal om dit net ‘n vinnige rooster te gee vir ‘n bietjie kleur indien jy dit so verkies. Jy kan dit net so bak, maar ek het groente vooraf sag gekook in die mikrogolf en by die vis gesit sodat die geure ook daarin kon intrek, vir ‘n lekker eenskottel gereg.

Bron: Adrian Olivier Foto: Adam Cloete

 
 
 

Comments


RSS Feed

NOU BESKIKBAAR!

Kruie van Toeka tot Nou - DIE BOEK deur Dr. Chris Pitzer is NOU beskikbaar!

Prys: R399 / boek

Koerierkoste in SA: R80

 

Rainbow Gospel Radio

Rainbow Gospel Radio is the Mission Radio for the World.

We currently have listeners in 180 countries around the globe.

Rainbow Gospel Radio broadcasts via the internet and has no demographic restrictions.

Click on the link to tune into Rainbow Gospel Radio.

Why braai alone when you can have fun with family and friends?

Sponsor an Hour

Rainbow Gospel Radio invites you to sponsor an hour and invest in missionary work worldwide. Your contribution will help to spread the Word of God around the globe.

Yummy

Yummy is Rainbow Gospel Radio's recipe group on Facebook.We have more than 15 000 delicious recipes on our blog and if you need a recipe, you can just post in Yummy and admin will gladly provide the link. If we don't have the recipe you are searching for, we will find it for you!

 

The Rainbow Story

A vision from God became a reality....

 

Click on the link to read the Rainbow Story, which includes Nico Liebenberg's testimony and illustrates the amazing grace of our Heavenly Father.

Please reload

New on the Blog

bottom of page