top of page

Eet volgens jou bloed

  • Ané du Plessis
  • Nov 19, 2015
  • 3 min read

Die bloedgroepdieet is gegrond op die teorie dat klein proteïendeeltjies in sekere kossoorte op ’n spesifieke manier met verskillende bloedgroepe reageer, verduidelik me. Ané du Plessis, ’n dieetkundige van Pretoria.

“Verskillende bloedgroepe reageer verskillend op die spesifieke proteïene in kos. Die teenliggaampies in die bloed ‘sien’ die proteïendeeltjies as indringers of vyande en veroorsaak ’n immuunreaksie.”

Die selle kan dan saampak, wat dele van die liggaam blykbaar aanval en ’n hele verskeidenheid mediese probleme kan veroorsaak.

Du Plessis sê volgens dié teorie bepaal jou bloedgroep dus hoe jou liggaam op verskillende kosse sal reageer.

Me. Marie-Henriette Botha, kliniese dieetkundige en voedingskonsultant van Johannesburg, sê die antigene (teenliggaampies) sal nie noodwendig ’n allergie veroorsaak nie, maar ’n onverdraagsaamheid ontwikkel.

“Dit sal dan op sy beurt weer toksiene vrystel wat jou nie laat lekker voel nie. Hoe meer toksiene daar vrygestel word, hoe meer moet die liggaam dit ‘kamoefleer’ om ’n ewewig te behou.”

Botha sê dít word gedoen deur water terug te hou, wat kan maak dat jy nie gewig verloor nie of opgeblase voel.

Dr. James D’Adamo beweer in sy boek Eat right for your type jou liggaam het ’n geheue behou van jou antieke voorsate en jy moet dus eet wat jou voorvaders geëet het die tyd toe dié spesifieke bloedgroep ontstaan het.

Volgens D’Adamo sal die bloedgroepdieet die risiko op onder meer kanker, hartsiektes, diabetes, infeksie en lewersiektes verminder.

Oefen-keuses

Spesifieke soorte oefening word ook vir elke bloedgroep voorgeskryf, gegrond op jou voorsate se leefwyse, verduidelik Du Plessis.

Die O-bloedgroep, die algemeenste, het glo in die sogenaamde jagter/versamelaar-tydperk ontstaan.

“Daarom is dit die veronderstelling dat mense met ’n O-bloedgroep baie vleis moet eet.”

Vir dié groep word intense aërobiese oefening aanbeveel.

Die A-bloedgroep het volgens D’Adamo ontstaan in die sogenaamde landbou-era toe mense gewasse begin plant het. Dié bloedgroep se mense is vir ’n vegetariese dieet aangepas.

Du Plessis sê die tipe B-bloedgroep se dieet is ’n gebalanseerde eetplan.

“Maar dis nie ’n baie algemene bloedgroep nie. Sowat een uit tien mense val in dié groep. Omdat aangeneem word die oerouers van dié groep was nomadies en het vee begin aanhou, is hul spysverteringstelsel baie meer aanpasbaar en kan mense met hierdie bloedgroep ’n omnivoriese dieet volg.”

Die bloedgroep AB het ’n gemengde herkoms, gegrond op die teorie wat ’n kombinasie van A en B insluit.

“Hulle mag dus vleis en ook groente en sekere grane eet. Rooivleis en bone moet vermy word.

Bloedgroep A

■ Dieetprofiel: Vegetaries

■ Kossoorte toegelaat: Groente, tofu, seekos, grane, bone, peulgewasse en vrugte.

■ Kossoorte om te vermy vir gewigsverlies: Vleis, suiwel, sny-bone en koring.

■ Kossoorte wat help met gewigsverlies: Groente-olie, sojakosse, groente en pynappel.

■ Drinkgoed: Koffie, tee en rooiwyn is goed vir mense met dié bloedgroep. Witwyn is neutraal, maar ander alkoholiese drankies, swart tee en bruisdrankies moet vermy word.

Bloedgroep O

■ Dieetprofiel: Hoë proteïene, vleiseters.

■ Kossoorte toegelaat: Vleis, vis, groente, vrugte.

■ Beperkte kossoorte: grane, bone en peulgewasse.

■ Kossoorte om te vermy vir gewigsverlies:

Koring, mielies, snybone, lensies, kool, Brusselse spruitjies en blomkool.

■ Kossoorte wat help met gewigsverlies: Kelp,

seekos, sout, lewer, rooivleis, spinasie en broccoli.

■ Drinkgoed: Vermy koffie, bruisdrankies en swart tee. Kruietee word toegelaat.

Bloedgroep B

■ Dieetprofiel: Gebalanseerde omnivore

■ Kossoorte toegelaat: Vleis (geen hoender),

suiwel, grane, bone, peulgewasse, groente en vrugte.

■ Kossoorte om te vermy vir gewigsverlies: Mielies, lensies, grondbone, sesam, bokwiet, koring.

■ Kossoorte wat help met gewigsverlies: Groen groente, eiers, lewer, wildsvleis, droplekkers en tee.

■ Drinkgoed: Vermy hardehout (sterk drank) en bruisdrankies. Tee is goed. Koffie, bier en wyn is neutraal.

Bloedgroep AB

■ Dieetprofiel: Gemengde dieet in matigheid

■ Kossoorte toegelaat: Vleis, seekos, suiwel, tofu, bone, peulgewasse, grane, groente en vrugte.

■ Kossoorte om te vermy vir gewigsverlies: Rooivleis, nierboontjies, limaboontjies, sade, mielies en bokwiet.

■ Kossoorte wat help met gewigs-verlies: Tofu, seekos, suiwel, groen groente, kelp en pynappel.

■ Drinkgoed: Koffie en groentee is goeie opsies. Wyn, bier en sodawater is neutraal, maar sterk alkohol, swart tee en koeldranke moet liefs vermy word.

 
 
 

留言


RSS Feed

NOU BESKIKBAAR!

Kruie van Toeka tot Nou - DIE BOEK deur Dr. Chris Pitzer is NOU beskikbaar!

Prys: R399 / boek

Koerierkoste in SA: R80

 

Rainbow Gospel Radio

Rainbow Gospel Radio is the Mission Radio for the World.

We currently have listeners in 180 countries around the globe.

Rainbow Gospel Radio broadcasts via the internet and has no demographic restrictions.

Click on the link to tune into Rainbow Gospel Radio.

Why braai alone when you can have fun with family and friends?

Sponsor an Hour

Rainbow Gospel Radio invites you to sponsor an hour and invest in missionary work worldwide. Your contribution will help to spread the Word of God around the globe.

Yummy

Yummy is Rainbow Gospel Radio's recipe group on Facebook.We have more than 15 000 delicious recipes on our blog and if you need a recipe, you can just post in Yummy and admin will gladly provide the link. If we don't have the recipe you are searching for, we will find it for you!

 

The Rainbow Story

A vision from God became a reality....

 

Click on the link to read the Rainbow Story, which includes Nico Liebenberg's testimony and illustrates the amazing grace of our Heavenly Father.

Please reload

New on the Blog

bottom of page