Mieliepap Toasties oor die Kole
- Gert Peens
- Nov 20, 2015
- 1 min read

Meng een van die volgende kombinasies met 'n pot stywe mieliepap
*Gaar spinasie gemeng met feta en geurmiddels
*Tamatiesmoor en gerasperde cheddar kaas met geurmiddels
*1 eetlepel botter met BBQ speserye
*1 blikkie Chakalaka met geurmiddels
*1 blikkie roommielies en gerasperde cheddar kaas met geurmiddels
*Gerasperde mozzarellakaas met vars gekapte origanumblare
Meng die mengsel deeglik.
Smeer plat in 'n bakplaat van 2cm diep
Verkoel
Sny in blokkies
Haal die blokkies uit en verf met olyfolie
Braai die blokkies oor die kole tot goed gerooster aan al die kante.
Geniet saam met braaivleis
Comments