top of page

Outydse boerbeskuit

  • Hanlie Uys
  • Nov 20, 2015
  • 2 min read

Maak: 50-60 Bereidingstyd: 11⁄2 uur, plus rys- en uitdroogtyd Baktyd: 1 uur Oondtemperatuur: 190 °C

• 22 g vars gis (of 11 ml aktiewe droë gis) • 5 ml suiker • 30 g (55 ml) koekmeel • 250 g (270 ml) botter • 150 ml melk • 1,25 kg koekmeel, gesif • gesmelte botter om oor te verf

1 Meng die gis en suiker met 500 ml water. Roer die 30 g meel by en laat dit vir een tot twee uur op ’n warm plek staan tot dit skuim.

2 Verhit die botter, melk en 50 ml water saam tot die botter gesmelt het. Haal van die plaat af, voeg 5 ml sout by en laat afkoel tot louwarm.

3 Sif die res van die meel in ’n groot bak. Maak ’n holte in die middel en gooi die louwarm mengsel daarin. Roer die meel van die kante af in om ’n stywe deeg te vorm. Voeg nog ’n bietjie warm water by as die deeg te styf is.

4 Knie die deeg deeglik en sit dit in ’n bak. Verf die oppervlak met ’n bietjie gesmelte botter. Bedek die bak met kleefplastiek, draai dit toe in ’n dik kombers en sit dit vir drie tot vier uur eenkant om te rys.

5 Wanneer dit goed gerys het, rol stukkies deeg in lang rolletjies van 4 cm in deursnee. Sny 4 cm-stukkies af en pak dit styf teen mekaar in gesmeerde diep broodpanne. Verf met gesmelte botter. Bedek die panne losweg met kleefplastiek en laat rys op ’n warm plek vir drie uur of tot goed gerys.

6 Bak in die verhitte oond vir ’n uur. Haal uit, laat afkoel en trek die stukke los van mekaar. Pak op draadrakkies en laat uitdroog in ’n baie lou oond met die deur effens oop. Bêre in ’n lugdigte houer.

 
 
 

Comentários


RSS Feed

NOU BESKIKBAAR!

Kruie van Toeka tot Nou - DIE BOEK deur Dr. Chris Pitzer is NOU beskikbaar!

Prys: R399 / boek

Koerierkoste in SA: R80

 

Rainbow Gospel Radio

Rainbow Gospel Radio is the Mission Radio for the World.

We currently have listeners in 180 countries around the globe.

Rainbow Gospel Radio broadcasts via the internet and has no demographic restrictions.

Click on the link to tune into Rainbow Gospel Radio.

Why braai alone when you can have fun with family and friends?

Sponsor an Hour

Rainbow Gospel Radio invites you to sponsor an hour and invest in missionary work worldwide. Your contribution will help to spread the Word of God around the globe.

Yummy

Yummy is Rainbow Gospel Radio's recipe group on Facebook.We have more than 15 000 delicious recipes on our blog and if you need a recipe, you can just post in Yummy and admin will gladly provide the link. If we don't have the recipe you are searching for, we will find it for you!

 

The Rainbow Story

A vision from God became a reality....

 

Click on the link to read the Rainbow Story, which includes Nico Liebenberg's testimony and illustrates the amazing grace of our Heavenly Father.

Please reload

New on the Blog

bottom of page