VLASKYWE
- Kreatiewe Kos Idees
- Nov 20, 2015
- 1 min read

2 pakke cream crackers (jy gaan so 1 en ½ pak gebruik) 1 liter melk 250ml suiker 60ml botter 120ml meel 100ml mazina 10ml vlapoeier 2ml sout 100ml koue water 3 eiers geskei 5ml vanilje
Versiersel 500ml versiersuiker 5ml suurlemoensap 35ml kookwater
Pak cream crackers onder in plat bak.
Laat die lyntjies almal in dieselfde rigting loop Verhit die melk en botter en bring tot kookpunt Haal van stoof af.
Meng meel, suiker, mazina, vlapoeier sout en koue water. Voeg eiergele by en meng tot gladde pasta. Klits nou die melkmengsel geleidelik by die vlamengsel. (EK GEBRUIK MY WHISK, DIT VEROORSAAK DAT DAAR NIE KLONTE VORM IN DIE MENGSEL) Gooi terug in kastrol en kook vir omtrent 5 min tot dik - roer aanhoudend. Haal van stoof af en gooi die vanilje by. Klits eierwitte tot styf en vou in mengsel in . Gooi die ½ v/d warm vlampap bo-oor die beskuitjies en pak weer 'n laag cream crackers bo-op. Gooi die orige vlapap oor en pak weer ‘n lagie cream crackers
Sit vlaskywe in yskas tot heeltemal afgekoel en koud
Maak aan die versiersuiker, suurlemoensap en kookwater en smeer bo-oor beskuitjies.
Hou verkoel in yskas.
留言