top of page

Kersham In Die Oond (Gammon)

  • Heleen Meyer
  • Nov 21, 2015
  • 2 min read

Hierdie is die maklikste manier waarop ek al ’n ham gaargemaak het en dis altyd heerlik sappig en geurig.

Bestanddele: 1 ontbeende Kersham (ongeveer 2 kg) 1 groot baksakkie 500 ml (2 k) appelsap 125 ml (½ k) sterk rooibostee 125 ml (½ k) witwyn of nog rooibostee 1 kaneelstokkie 6 heel naeltjies 4 heel wonderpeperkorrels 6 swartpeperkorrels

***Glans-smeersel (opsioneel, as vleis warm geëet gaan word) Enige gekoopte glans-smeersel van jou keuse of meng 125 ml appelkooskonfyt, 45 ml balsamiese asyn en 30 ml korrelmosterd saam

Metode: Voorverhit oond tot 140 °C. Plaas ham, steeds in die toue-net waarin die slagter of winkel dit verkoop het, in die baksakkie. Die tou help dat die vleis sy vorm behou. Skink die vloeistowwe om die vleis en voeg die speserye by. Bind baksakkie met binddraadjie toe, sodat die sakkie effens gepof staan. Plaas dit op ’n bakplaat en maak seker dat die bopunt van die sakkie nie aan die oondelement raak nie. Knip dit korter indien nodig. Bak 2-2½ ure afhangende van hoe groot die vleis is. Bereken 1 uur per kg vleis, plus nog 20 minute. Onthou, gerookte ham sal altyd pienkerig wees aan die binnekant. Steek met ’n kebabstokkie of toetspen, in die dikste deel van die vleis, as die vleistof wat uit die vleis kom, helder is, is dit gaar. Om voor te sit: 4. As vleis warm voorgesit gaan word: verwyder uit sakkie en knip die toue-net versigtig met ’n skêr los. Sny die vetlagie in diamantvormige patroontjies, indien verkies en druk selfs ’n naeltjie in elke blokkie. 5. Verf die glans-smeersel oor. Verhit oond intussen tot 180 °C. Rooster vleis vir 10-15 minute of tot goudbruin, maar wees versigtig dat die smeersel nie brand nie. Let wel: die vleis kan die vorige dag gaargemaak word en ook soos in punt 6 eers afgekoel word. Smeer dan die volgende dag die smeersel oor en rooster teen 160 °C of net tot die vleis goudbruin en deurwarm is, maar nie uitgedroog nie. 6. Om ’n vleissous te maak: Skep enige vet van die vloeistof in die sakkie en verhit vloeistof. Geur na smaak en verdik effens met mielieblom. Iets soos ’n bottel appelpuree is heerlik om die sous mee te verdik en gee ’n heerlike vrugtige geur. Roer ’n bietjie port of sjerrie by en ’n handvol bosbessies (cranberries) of sultanas. Sit warm met vleis voor. As vleis teen kamertemperatuur voorgesit gaan word: Haal vleis uit die oond, maar laat in die sakkie en met die vloeistof rondom eers effens afkoel. Verwyder die vetlaag terwyl die vleis nog louwarm is. Laat vleis dan heeltemal in die vloeistof afkoel en sny in skywe om voor te sit. Teen kamertemperatuur is ’n vrugtige jellie, soos appeljellie of ’n goeie korrelmosterd heerlik. Anders kan die portreduksie berei en met die skywe vleis voorgesit word. Die volgende dag is koue ham met mosterd, agurkies, slaaiblare en selfs iets soos gekaramelliseerde uie ’n wenkombinasie. Dieselfde bestanddele kan selfs in enige orige koeskoes ingemeng word vir ’n ligte ete.

 
 
 

Comments


RSS Feed

NOU BESKIKBAAR!

Kruie van Toeka tot Nou - DIE BOEK deur Dr. Chris Pitzer is NOU beskikbaar!

Prys: R399 / boek

Koerierkoste in SA: R80

 

Rainbow Gospel Radio

Rainbow Gospel Radio is the Mission Radio for the World.

We currently have listeners in 180 countries around the globe.

Rainbow Gospel Radio broadcasts via the internet and has no demographic restrictions.

Click on the link to tune into Rainbow Gospel Radio.

Why braai alone when you can have fun with family and friends?

Sponsor an Hour

Rainbow Gospel Radio invites you to sponsor an hour and invest in missionary work worldwide. Your contribution will help to spread the Word of God around the globe.

Yummy

Yummy is Rainbow Gospel Radio's recipe group on Facebook.We have more than 15 000 delicious recipes on our blog and if you need a recipe, you can just post in Yummy and admin will gladly provide the link. If we don't have the recipe you are searching for, we will find it for you!

 

The Rainbow Story

A vision from God became a reality....

 

Click on the link to read the Rainbow Story, which includes Nico Liebenberg's testimony and illustrates the amazing grace of our Heavenly Father.

Please reload

New on the Blog

bottom of page