Rhona Peens se Gesonde Hoenderpastei: Dr. Chris / Yummy Promosie
- Huisgenoot Wenresepte
- Nov 21, 2015
- 1 min read

Genoeg vir 4 mense Bereiding: 30 min Gaarmaaktyd: 30-40 min
Bestanddele: 5 hoenderborsfilette sonder vel sout en peper sap en skil van 1 suurlemoen 250 g sampioene, in skyfies gesny olie 1 groot pak (200 g) spinasie, stamme uitgesny 3 eiers, geklits 250 g gladde maaskaas 250 ml (1 k) gerasperde laevet-mozzarella- of cheddarkaas
Metode: Voorverhit die oond tot 180 °C. Smeer ’n oondvaste bak. Geur die hoender met die sout, peper, suurlemoensap en skil. Plaas in ’n stomer en stoom 57 minute tot gaar. Pluis tot fyn. Braai die sampioene in ’n klein bietjie olie tot net sag. Voeg die spinasie by en verhit tot die spinasie verwelk het. Klits die eiers en maaskaas saam. Meng die hoender en groente liggies met die maaskaasmengsel en skep in die voorbereide bak. Sprinkel die kaas oor en bak 30-40 minute of tot die eier gestol en die kaas gesmelt het. Bedien met slaai.
Comments