Varkboud met pynappel
- Krummel vir Krummel
- Nov 21, 2015
- 1 min read

Bestanddele: 1 blik fyngedrukte pynappel 2 fyngedrukte knoffelhuisies 2 e worcestersous 2 e Robertsons Gemmer pasta 1,5 kg varkboud Robertsons heel naeltjies Robertsons Atlantic Sea Salt en Black pepper 1 k water
Metode: Meng die fyngedrukte pynappel fyngedrukte knoffel worcestersous en gemmer pasta saam in 'n bak. Sit die boud in oondpan. Druk heel naeltjies in die vleis, gooi die sous oor en geur met sout en peper. Gooi 1 k water in die oondpan, bedek met foelie en oondbraai in 'n voorverhitte oond teen 180 C vir omtrent 1 en n half uur. Verwyder die foelie en oondbraai vir 15 min teen 200 C.
Comments