Anna Smit se Skelm frikkadelle met groente in: Dr. Chris / Yummy Promosie
- Anna Smit
- Nov 23, 2015
- 1 min read

Dis wat jy gaan nodig kry:
500 g maer of ekstra maer beesvleis 375 ml (1½ k) gaar groente (dit is ’n wonderlike manier om oorskiet-groente te gebruik) 1 sny lae-GI-brood 2 eierwitte 15 ml (1 e) basilie (verkieslik vars) olyfolie
So maak jy dit:
Voorverhit die oond tot 200 °C. Verwerk die groente en brood tot fyn. Voeg by die vleis. Klits die eierwitte in ’n ander bak en voeg saam met die basilie (en ander speserye indien verkies). Meng alles met die hand om te verseker die groente is eweredig versprei. Berei ’n bakplaat met waspapier of kossproei voor.
Die lekker deel:
Was jou kleuter se hande deeglik. Hulle kan nou die frikkadelle help rol (Pasop: Dit kan deurmekaar raak). Maak jou vingers met ’n bietjie olyfolie klam en sit op die bakplaat. Bak 20 min. tot bruin.
Comments