Anna Smit se Volstruisfrikadelle: Dr. Chris / Yummy Promosie
- Anna Smit
- Nov 23, 2015
- 1 min read

Bestanddele: Sowat 500g volstruismaalvleis 1 ui Knoffel Gemengde kruie Sout Peper 3 sakkies tamatiepasta 1 kan rooibone Vars rissies, na smaak 4 aartappels Botter ½ koppie melk
Sny die knoffel, ui en rissies fyn. Werk die gemengde kruie deur die maalvleis en maak die bone fyn en voeg by die maalvleis. Voeg die res van die bestanddele by. Meng al die bestanddele goed met die hand en rol die mengsel in individuele balle. Braai in ’n pan tot gaar. Maak kapokaartappels deur fyngesnyde aartappel in ’n pot kookwater tot sag te kook. Voeg ’n knippie sout by. Wanneer die aartappels sag is, dreineer die water en voeg botter en ’n halwe koppie melk by. Meng goed met vurk.
Comments