Bar-One Trifle
- Brineel se Kospraatjies
- Nov 23, 2015
- 1 min read

GENOEG VIR 6-8 MENSE Bereiding: 20 minute Verkoeltyd: oornag
1 pakkie (90 g) sjokoladekitspoeding 400 ml melk 125 g roomkaas 250 ml (1 k) room, styf geklits 1 pakkie (200 g) Romany Creams, grof gebreek sjerrie vir oorsprinkel 2 groot (100 g elk) Bar-Onestafies, in blokkies gesny
Klits die kitspoeding en melk saam tot dit net begin verdik. Roer die roomkaas by die room in. Sprinkel die helfte van die gebreekte koekies in ’n glasbak en besprinkel met die sjerrie. Skep ’n laag sjokoladepoeding oor. Skep ’n laag room oor en sprinkel van die sjokolade oor. Herhaal die lae en rond af met stukkies Bar-One. Plaas in die yskas tot stewig.
WENK Verlaag die kilojoule-inhoud van die nagereg deur laevetmelk, -roomkaas en -room te gebruik.
Comments