Ben Bester se Geposjeerde koljandervis / Dr. Chris / Yummy Promosie
- Ben Bester
- Nov 23, 2015
- 1 min read

Genoeg vir 4 mense
Dis wat jy gaan nodig kry
1 groot ui, gekap 5 ml (1 t) fyn kaneel 3 ml (½ t) fyn komyn 3 ml (½ t) fyn borrie 200 g geblikte tamaties, gekap sowat 300 ml water 4 stokvisfilette, ongegeur en sonder krummels 15 ml (1 e) suurlemoensap vars koljander, gekap peper
Maak so:
Voeg ’n bietjie water by ’n diep kleefvrye pan en braai die uie oor lae hitte tot sag. Roer gedurig terwyl jy die kaneel, komyn en borrie byvoeg; kook sowat 30 sekondes. Voeg die tamaties en water by, verlaag die hitte en laat sowat 15-20 min. halfbedek prut. Voeg die stokvis en ’n hand vol koljander by. Maak seker die vloeistof bedek die vis. Voeg nog water by as die vis nie bedek is nie. Laat prut tot die vis deurgaar is. Voeg die suurlemoensap by en verwyder van die hitte. Pak die vars koljander op en sprinkel die peper voor. Sit voor.
Comments