Marina Bester se Lensie Bobotie: Dr. Chris / Yummy Promosie
- Marina Bester
- Nov 23, 2015
- 2 min read

Genoeg vir 8-10 mense
Dis wat jy vir die groentemengsel nodig gaan kry:
’n bietjie water 1 klein ui, fyn gekap 5 ml (1 t) fyn knoffel 1 groot wortel, gerasper 4 middelslag- murgpampoentjies, gerasper
Dis wat jy vir die maalvleis-en-lensiemengsel nodig gaan kry:
300 g ekstramaer maalvleis 200 g bruinlensies, gaar 125 ml (½ k) melk 2 snye volkoringbrood
Dis wat jy vir die geurmiddels nodig gaan kry:
15 ml (1 e) matige kerriepoeier 3 ml (½ t) borrie 5 ml (1 t) kaneel knippie sout 5 ml (1 t) sout knippie peper 30 ml (2 e) suurlemoensap 1 hand vol amandelvlokkies 45 ml (3 e) blatjang Dis wat jy vir die bolaag nodig gaan kry:
125 ml (½ k) melk 2 eiers 1 ml (¼ t) sout ’n paar lourierblare
Maak so:
Voorverhit die oond tot 180 °C. Sit die groente saam met ’n bietjie water in ’n pan en roerbraai. Verwyder en dreineer. Verbruin die maalvleis en voeg dan die lensies by; kook nog 5 min. Week intussen die brood in die melk, maak dit fyn en voeg dit by die maalvleis; meng goed. Meng al die speserye. Voeg die groente en die speserye by die maalvleis en meng goed. Sit die mengsel in ’n gesmeerde oondbak en bak 10 min. Klits intussen die melk, eiers en sout in ’n bak. Verwyder die bobotie uit die oond en giet die melkmengsel versigtig oor. Sprinkel ’n paar lourierblare oor en bak nog 25 minute tot die bolaag gestol het.
Wenk: Hierdie resep laat rosyntjies uit omdat baie kinders dit nie geniet nie. As jy dit wil gebruik, kan jy sowat 125 ml (½ k) daarvan byvoeg.
Comments