Nicky Kruger se HARISSA SMEER: Dr. Chris / Yummy Promosie
- Nicky Kruger
- Nov 23, 2015
- 1 min read

Harissa is ’n warm rooipeper-smeer en ’n algemene bestanddeel in geregte eie aan Noord-Afrika. Dit word dikwels by geregte gevoeg vir daardie ekstra byt. Probeer gerus ons resep en maak jou eie tuis:
Totale Tyd: 15 min Voorbereiding: 15 min
100 g droë, heel rissies, sade uitgehaal ¼ t komynesaad ¼ t koljandersaad ½ t karwysaad 1 t droë kruisementblare 3 e olyfolie 1½ t sout 5 knoffelhuisies sap van 1 suurlemoen
METODE: Plaas die rissies in ’n bak en bedek met kookwater. Laat dit staan tot dit sag is. Verhit die komyn-, koljander- en karwysaad in ’n pan tot geurig. Gooi als in ’n meul, voeg die kruisement by en maal tot fyn poeier. Sit eenkant.
Verpulp die rissies en voeg die suurlemoensap en kruie by.
Comments