Nicky Kruger se PICCALILLI: Dr. Chris / Yummy Promosie
- Nicky Kruger
- Nov 23, 2015
- 1 min read

Sowat 7 x 350 ml-bottels 400 g Klein wortels, geskil en in skywe gesny 270 g Klein mielies, in skywe gesny 750 g blomkool, in Klein stukke gesny 3 uie, in Klein blokkies gesny
METODE: Bring ’n groot kastrol met water tot kookpunt. Gooi al die groente in die water en kook vir 5 minute. Die groente moet nog effens bros wees. Dreineer en skep in gesteriliseerde bottels.
SOUS 250 ml water 50 g mielieblom 250 ml water 2 liter wit asyn 200 g (250 ml) suiker 100 ml appelkooskonfyt 20 ml mosterdpoeier 15 ml kerriepoeier 10 ml borrie 5 ml sout
METODE: Meng die 250 ml water en mielieblom. Gooi die res van die bestanddele in ’n groot kastrol en voeg die mielieblom-water daarby. Bring tot kookpunt terwyl jy roer en laat kook vir 8 minute. Gooi die warm sous oor die groente in die bottels en maak styf toe.
WENK: Hoe langer piccalilli staan, hoe lekkerder is dit. Ek laat staan myne gewoonlik ’n week voor ons dit eet. Ek het hierdie resep gemaak en dit het heerlik uitgekom maar ek vind die sous is vir my te dun, so volgende keer sal ek hom beslis verdik!
Comments