Rhona Peens se Lendeskyf Roerbraai: Dr. Chris / Yummy Promosie
- Rhona Peens
- Nov 23, 2015
- 1 min read

Oosterse sous 125 ml (½ k) hoenderaftreksel 30 ml (2 e) lemmetjiesap 10 ml (2 t) bruinsuiker 15 ml (1 e) vissous 180 ml (2/3 k) oestersous
30 ml (2 e) olyfolie 3 cm gemmer, geskil en gerasper 1 rooirissie, sade verwyder en fyngekap 600 g lendeskyf (sirloin), in dun repies gesny 15 ml (1 e) olyfolie 1 pak klaarbereide roerbraaigroente 400 g gaar rys of bokwietnoedels 125 ml (½ k) koljanderblare 125 ml (½ k) ongesoute, rou grondboontjies
1. Meng al die bestanddele vir die oosterse sous en hou eenkant. Verhit die olie, gemmer en rissie in ’n groot pan oor hoëhitte en hou eenkant. 2. Skroei die biefstuk vir 1 minuut in ’n riffelpan, haal uit en hou eenkant. Warm die gegeurde olyfolie in die pan weer op, voeg die groente bietjies-bietjies by en roerbraai vir 2 min. 3. Voeg die Oosterse sous, noedels en vleis by die groente en roerbraai vir nog 2 min. 4. Meng die koljander en grondboontjies deur die roerbraaigroente en sit voor.
Yorumlar