Susan Bester se Slaai op 'n stokkie: Dr. Chris / Yummy Promosie
- Susan Bester
- Nov 23, 2015
- 1 min read

60 ml (¼ k) basiliepesto 24 bocconcini-balletjies of mozzarella-blokkies 24 vars basilieblare 24 kersietamaties 24 sosatiestokkies Olyfolie vir oorsprinkel
Meng die pesto en bocconcini of mozzarella. Sny die tamaties horisontaal middeldeur en hou die pare saam. Steek die stokkie deur die een tamatiehelfte, dan ’n balletjie of blokkie kaas, dan ’n basilieblaar en eindelik die ander tamatiehelfte. Gaan so voort tot al die tamaties op is. Sprinkel die olyfolie en sit voor.
Comments