Debora Sadler se Bees en Groente Bredie: Dr. Chris / Yummy Promosie
- Debora Sadler
- Nov 25, 2015
- 1 min read

Hierdie dis is spesiaal vir diabete of diegene wat gesond wil leef of gewig wil verloor.
(6–8 porsies) 1 e olyf- of canola-olie 1 ui, gekap ½ t gekapte knoffel 400 g bees, in blokkies gesny 1 e beesaftreksel 1 t mosterdpoeier 1 t kerriepoeier knypie swartpeper 2 e tamatiepasta ½ groen soetrissie, sade verwyder & gekap ½ geel soetrissie, sade verwyder & gekap ½ rooi soetrissie, sade verwyder & gekap 1 klein botterskorsie, geskil & in blokkies gesny 1 handvol groen bone, skoongemaak en gesny 3 medium wortels, geskil & gekap 2 ryp tamaties, gekap gekapte pietersielie, vir opdien
Maak die olie warm en braai die uie en knoffel 1 minuut. Gooi die vleis by en braai nog ‘n minuut. Gooi die aftreksel, mosterd, Kerrie, peper, tamatiepasta en soetrissie by saam met ½ koppie water. Prut 1½ ure. Gooi die orige groente by en prunt nog 30 minute. Versier met die pietersielie en bedien met stampmielies en bone asook gestoofde kool.
Per 200 g porsie: Energie 928 kJ Koolhidrate 15g Proteiene 20g Vett 9g Pasella: Ria Catsicas en Razane Allie
Comments