DOPPIE RESEP
- Amke Fourie
- Nov 25, 2015
- 1 min read

(Vir alle vinger-etes, soet en sout)
750ml meel
5ml bakpoeier
3ml sout
250gr botter
2 eiers
15ml suiker
1. Sif droe bestandele saam. Vryf botter in.
2. Klits eier en suiker tot skuim. Voeg by droe bestandele.
3. Meng goed tot stywe deeg.
4. Rol uit, nie te dun nie.
5. Druk met koekievorm ‘n ronde sirkeltjie uit.
6. Gebruik kolwyntjie pannetjies, en druk degie in pannetjie. Jy hoef nie jou pannetjies te smeer nie
7. Bak 8-10 min by 190 grade.
Kommentare