Elize Silver se Ontbytstafies: Dr. Chris / Yummy Promosie
- Elize Silver
- Nov 25, 2015
- 1 min read

125 g dadels, baie fyn gesny 60 ml kookwater 1 piesang, fyn gedruk 30 ml heuning 90 g lae-vet margarien 30 ml sonneblomsaad 30 ml lynsaad 250 ml hawermout 125 ml volkoringmeel (nutty wheat)
Voorverhit die oond tot 180 grade en voer die koekpan van 25 x 15 cm uit met bakpapier. Plaas die dadels in 'n kastrol en giet die water by. Verhit tot kookpunt, laat 1 minuut prut en verwyder van die hitte. Voeg die piesang, heuning en margarien by, meng goed tot die margarien gesmelt is en laat eenkant staan. Meng die sade, meel en hawermout in 'n bak. maak 'n holte in die middel en voeg die dadelmengsel by. Meng deeglik en skep in die voorbereide pan. Smeer gelyk en bak sowat 30 minute tot goudbruin. Laat afkoel, sny in stafies en bere in 'n lugdigte houer. Lewer 14 stafies.
Комментарии