Rhona Peens se Hoender a la King: Dr. Chris / Yummy Promosie
- Rhona Peens
- Nov 25, 2015
- 1 min read

30 ml olyfolie 1 groot ui 2 knoffelhuisies 4 hoenderborsies, sonder vel of been, in blokkies gesny 2 klein rooi-, geel-, of groensoetrissie, in repies gesny 1 houer (250g) sampioene, gesnipper 125 ml hoenderaftreksel 15 ml kanola-margarien 15 ml mielieblom 500 ml vetvrye melk sout en vars gemaalde swartpeper na smaak
Verhit die olie in 'n pan en braai die ui en knoffel tot sag. Voeg die hoender by en braai tot bruin. Voeg die soetrissie by en braai tot gaar. Voeg laastens die sampioene by en braai tot gaar. Voeg die aftreksel by, verhit tot kookpunt en laat 10-15 min prut. Smelt intussen die margarien in 'n kastrol en voeg die mielieblom by. Roer 10-20 sekondes oor matige hitte en voeg die melk geleidelik by. Hou aan roer en verhit tot kookpunt. Laat prut en roer tot gladde sous vorm. Voeg die sous by die hoendermengsel en geur na smaak met sout en peper. Sit voor op bruinrys en groente. Genoeg vir 4 mense.
Comments