Riana Barnard se Hoenderkerrie: Dr. Chris / Yummy Promosie
- Riana Barnard
- Nov 25, 2015
- 1 min read

Die dis is gemaak toe Pasella (SABC 2) gekyk het na wat om te eet as jy diabetes wil voorkom of gewig wil verloor. (bedien 6)
1 k olyf-/canola-olie 1 groot ui, gekap 800 g hoenderborsies, in blokkies gesny 1 t fyn komyn 1 t fyn koljander ½ t fyn borrie 1 e fyn paprika knypie swart peper, na smaak 4 e tamatiepasta 1 t suiker 3 klein soetpatats, in blokkies gesny 2 groot wortels, in ringe gesny 200g groen bone, in 3cm stukke gesny 2 t mielieblom, gemeng tot ‘n pasta met water vars pietersielie vir garnering
Verhit die olie en braai die ui tot goudbruin. Gooi die hoender en die speserye by en roer tot goed bedek. Voeg bietjie water by indien nodig. Gooi die tamatiepasta, suiker en 1 koppie kokende water by. Prut 1 uur met die deksel op of totdat die hoender gaar is. Gooi die patats en wortels by en prut nog 20 minute. Gooi die groen bone by en prut nog 10 minute. Verdik die sous met die mielieblommengsel. Garneer met die pietersielie en bedien met basmatirys, ertjies en ‘n groenslaai.
コメント