DRIEKAAS-PASTA
- Jaun Laubscher
- Dec 29, 2015
- 1 min read

Jou benodighede: macaroni cheddarkaas fetakaas repe halloumikaas sampioene (opsioneel) spek (opsioneel) kaarbereide kaassous (enige soort) tamatie Italiaanse slaai (opsioneel) Bring ’n pot water tot kookpunt en sit die pasta in tesame met 5 ml (1 t) olyfolie sodat dit nie kleef nie. Dreineer die pasta sodra dit gaar is. Sit dit saam met die res van die bestanddele (tesame met die pangebraaide spek en sampioene indien verkies). Sny die tamatie in skywe en pak bo-op die pastamengsel tesame met die gerasperde kaas van jou keuse. Bak 30 min. of tot die kaas gesmelt het teen 200 °C.Sit voor saam met ’n Italiaanse slaai.
コメント