HOENDER LASAGNE
- Huisgenoot
- Dec 29, 2015
- 1 min read

500 ml (2 k) witsous 250 g lasagnevelle, in kookwater geweek 500 g botterskorsie, gaar en in blokkies gesny 5 ml (1 t) komyn sout en peper 4 hoenderborsies, gaar en gepluis 100 g mozzarellakaas, gerasper METODE Voorverhit die oond tot 200 °C. Smeer van die witsous in ’n oondbak en pak ’n paar lasagnevelle bo-op. Meng die botterskorsie, komyn, sout en peper. Skep die botterskorsie op die lasagne, gevolg deur die witsous, lasagnevelle en die hoender. Herhaal die lae en eindig met die lasagne en witsous. Sprinkel die mozzarellakaas oor en bak 35 minute. Rond af met roketblare indien verkies. WENK: Pleks van botterskorsie kan jy ook skywe gaar eiervrug saam met tamaties beproef.
Kommentare