HOENDER-EN-SPINASIE-LASAGNE
- Vrouekeur
- Dec 29, 2015
- 1 min read

bietjie olie 6 hoenderborsies, in repies gesny hoenderspeserye na smaak bietjie olie 2 uie, gekap 7,5 ml (1½ t) vars knoffel, gekap 1 selderystingel, gekap 2,5 ml (½ t) droë gemengde kruie 1 rooi soetrissie, ontpit en in blokkies gesny 1 groen soetrissie, ontpit en in blokkies gesny 410 g (1 blik) tamatie-en-uie-mengsel 2,5 ml (½ t) sout knypie swartpeper 1 bos spinasie, ontstingel knypie rooipeper 750 ml (3 k) klaar witsous 250 g (1 boks) spinasielasagnevelle 250 ml (1 k) cheddarkaas, gerasper Stel oond op 180 °C. 1 Verhit olie en braai hoenderrepies wat goed met hoenderspeserye besprinkel is, tot gaar. Skep uit. 2 Verhit nog bietjie olie en soteer uie, knoffel, seldery en kruie tot sag. Voeg soetrissies by en soteer nog 2 minute. 3 Skep gebraaide hoenderrepies terug in kastrol. 4 Voeg tamatie-en-uie- mengsel, sout en peper by. Laat vir 12 minute oor matige hitte sonder deksel prut sodat van die vloeistof kan verdamp. 5 Was spinasie en plaas in mikrogolfbak. Voeg 10 ml (2 t) water by. Bedek met kleefplastiek en mikrogolf vir 3 minute op hoog. 6 Trek kleefplastiek af en giet oortollige water af. 7 Roer rooipeper by klaar witsous. 8 Smeer klein bietjie van witsous op bodem van oondbak van ongeveer 34 cm x 22 cm wat met kossproei gespuit is. 9 Plaas spinasielasagnevelle op bodem van oondbak. 10 Skep baie dun lagie hoenderstukkies, dan laag spinasie, weer dun lagie hoenderstukkies en weer laag spinasielasagne en witsouslaag. 11 Hou so aan tot oondbak vol is. 12 Sprinkel kaas oor en bak vir 40 minute of tot toetspen deur lasagne kan steek.
Comments