KASERIGE SPAGHETTISPEKTERRIEN
- Huisgenoot Digitaal
- Dec 29, 2015
- 1 min read

Maak van eenvoudige en min bestanddele dié besonderse gereg. Genoeg vir sowat 4 mense Bereiding: 20 minute Gaarmaaktyd: sowat 1 uur BENODIG: 250 g spekrepe 500 ml (2 k) gaar spaghetti 100 g fetakaas, gekrummel 100 g ricottakaas 30 g babaspinasieblare, gesnipper sout en vars gemaalde swartpeper 3 eiers, geklits 125 ml (½ k) room MAAK DAN SO: Verhit die oond tot 180 °C. 1.Smeer ‘n broodpan, voer dit uit met bakpapier, laat die kante oorhang en smeer die papier. Voer dit nou uit met spek; laat die punte oor die rand hang. 2.Meng die spaghetti, kase en spinasie en geur met sout en peper. Skep dit in die pan. 3.Klits die eiers en room saam en giet dit oor die spaghetti. Vou die spek en die papier oor die vulsel en sit dit in die oond. Bak sowat 30-40 minute of tot gaar. 4.Laat staan ¹n paar minute, dop die broodjie (of terrien) uit die pan en trek die bakpapier af. 5.Sny die broodjie in skywe en sit voor met slaai.
Kommentare